Please enable JavaScript.
Coggle requires JavaScript to display documents.
Inleiding tot die Evangelies - Coggle Diagram
Inleiding tot die Evangelies
Die Bybel is geïnspireer deur die Gees
2 TIMOTEUS 3:14-17: Maar jy, bly by wat jy geleer het en wat jy vas glo. Jy weet tog wie jou leermeester was 15 en jy ken van kleins af die heilige Skrif.
Dit kan jou die kennis bybring wat tot verlossing lei deur die geloof in Christus Jesus.
16 Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde
om in die waarheid te onderrig,
dwaling te bestry,
verkeerdhede reg te stel en
’n regte lewenswyse te kweek,
17 sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk
Hoe om die Bybel reg te lees
PSALM 119:130 Wanneer U WOORD vir mense oopgaan, bring dit lig; dit gee insig aan dié wat nog onervare is.
131 Met my hele wese smag ek na u gebooie, verlang ek daarna.
132 Sien my in genade aan soos U altyd doen vir dié wat u Naam liefhet.
133 Laat U WOORD my op die regte pad hou; moet tog nie dat enige kwaad die oorhand oor my kry nie.
Hoe om die Bybel te lees, interpreteer en toe te pas
DIE BYBEL MOET GELEES WORD
DIE BYBEL MOET GEÏNTERPRETEER WORD
DIE BYBEL MOET TOEGEPAS WORD
LEES DIE BYBEL
Die Bybel is geskryf om gelees te word.
Lees die betrokke Skrifgedeeltes by elke leereenheid. Aan die einde van die module het jy dan Matteus, Markus, Lukas, Johannes en Handelinge gelees.
As jy 4 hoofstukke in die Bybel per dag lees, lees jy die Bybel in ’n jaar se tyd deur.
Hoe die Bybel geinterpreteer moet word
Soos enige ander geskrewe teks moet die Bybel ook geïnterpreteer word.
Die Bybel moet egter reg geïnterpreteer word.
Aangesien die Bybel God se Woord is, moet dit biddend gelees en geïnterpreteer word.
In die Reformatoriese tradisie maak ons hoofsaaklik gebruik van die grammaties-historiese benadering en ons lees die Bybel openbaringshistories.
Die grammaties-historiese benadering waarmee gereformeerde eksegete vandag die Bybel lees en verklaar, berus op beginsels. Hierdie beginsels stel ʼn fyn balans tussen wat in die teks geskryf is (die “grammatiese”) en die omstandighede waaronder dit geskryf is (die “historiese”). Dit kom kortliks op die volgende neer:
Verklaring moet die teks verduidelik en nie verduister nie. Ingewikkelde argumente deur die verklaarder maak die Bybelteks vir die leser dikwels onduideliker as wat dit self is.
Die verklaarder moet soek na die bedoeling van die skrywer. Die skrywer se bedoeling word egter nie uitgedink nie maar in die Skrif self gevind. Sy bedoeling is deur die Gees geïnspireer. Daarin hoor ons wat God vir ons sê.
Hoewel die Bybel God se Woord vir gelowiges van alle tye is, is dit gerig op die omstandighede van die eerste lesers. Daarom moet die verklaarder nagaan wat die historiese, geografiese en kulturele omstandighede van die skrywer en die eerste lesers was. Hierdie inligting moet dikwels uit ander buite-Bybelse bronne (geskrifte, inskripsies en opgrawings) bekom word. Sulke buite-Bybelse gegewens word gebruik om die Bybelteks toe te lig en nog beter te verstaan, maar mag nie ingespan word om die Bybel te probeer weerlê nie (NGB art. 6).
Verder moet die teks gelees word binne sy verband met die res van die Skrif. Uitsprake wat vroeër in die Bybel voorkom, moet daarom in die lig van later uitsprake gelees word, en andersom.
Met bogenoemde in ag geneem moet na die eenvoudigste betekenis van die Bybelgedeelte gesoek word.
Die finale toets vir die geldigheid van die uitleg is of dit klop met alles wat in die teks geskryf staan.
Die Bybelleser moet verder seker maak in hoeverre die teks toelaat dat jy verder mag gaan as die direkte woorde van die teks. Vir die regte verstaan is dit nodig om metafore, beeldspraak, hiperbole en ander stylfigure in die teks raak te sien, omdat sulke dele van die begin af nie bedoel was om letterlik op te neem nie.
Die finale beginsel vir Skrifverklaring is dat ons die Bybel lees om die Evangelie van Christus daarin te vind. In die Ou Testament hoor ons byvoorbeeld hoe die Christus is; in die Nuwe Testament hoor ons presies wie Hy is. In ons Bybellees hou ons altyd die oog gerig op Jesus Christus. (Jordaan)
Hoe die Bybel geinterpreteer moet word (2)
Verantwoordelike Bybelinterpretasie vra dus: Wat het hierdie Skrifgedeelte vir die oorspronklike lesers beteken?
Hiervoor is konteks belangrik
Die konteks van die Skrifgedeelte in die Bybel: Staan die gedeelte in die Ou of die Nuwe Testament? Wat is die doel van die Bybelboek waarin dit staan? Is dit bedoel om letterlik verstaan te word, of is dit beeldspraak? Waar in die betrokke boek in die Bybel staan dit?
Verder is daar ook kultuur-historiese konteks wat in ag geneem word, soos reeds bespreek.
Die inhoud van die Skrifgedeelte is van kardinale belang! Wat staan daar?
Kyk na verskillende vertalings om jou hiermee te help.
Let op na woorde wat herhaal word, teenstellings, stylfigure, werkwoorde, ens.
Kyk wat kenners hieroor sê
3. DIE BYBEL MOET TOEGEPAS WORD
Hermeneutiek is die Bybelwetenskap wat vra: Hoe kan ek dit wat duisende jare gelede geskryf is, oorbring na vandag se lewe en hoe moet ek dit toepas?
Wat is die geloofsbeginsel wat toe gegeld het en hoe geld dit vandag?
Die Bybel is dus tyd gerig, maar nie tydgebonde nie.
Die Romeinse tydperk
Die Nuwe Testament speel af in die tyd toe die Romeine die destyds bekende wêreld regeer het. Dit is belangrik om hierdie agtergrondskennis te hê.
Die keiser was die oppergesag, ook in Palestina en in Europa en Klein-Asië.
Die Romeine het wet en orde en goeie infrastruktuur daar gesel.
Die Romeinse owerheid was taamlik verdraagsaam teenoor die Judaïsme. Hulle het vir Herodes (die Grote) as heerser in Judea aangestel in 37 v.C. Hy was dikwels wreed en hy is opgevolg deur sy onbekwame seuns wat in die tyd van die Evangelies oor Palestina geheers het.
Kenmerke van die Bybel
DIE BYBEL IS DIE WOORD VAN GOD
DIE BYBEL IS OP SKRIF GESTEL
DIE BYBEL IS ONFEILBAAR
DIE BYBEL IS WAAR
DIE BYBEL IS DEUR GOD GEÏNSPIREER
DIE BYBEL IS GENOEGSAAM EN VOLKOME
DIE BYBEL IS ONS HOOGSTE GESAG ENIGSTE RIGSNOER VAN REG EN VERKEERD
DIE BYBEL IS DIE ENIGSTE BOEK WAT ONS DIE PAD VAN VERLOSSING KAN WYS
DIE BYBEL VERKONDIG GOD AS SKEPPER, SY SEUN JESUS CHRISTUS AS VERLOSSER EN DIE HEILIGE GEES AS TROOSTER
DIE BYBEL WORD VERKLAAR DEUR SKRIF MET SKRIF TE VERGELYK
DIE LEIDING VAN DIE HEILIGE GEES IS NODIG OM DIE BYBEL REG TE VERSTAAN
Geloofsbeginsels
Sola scriptura – Deur die Skrif alleen, die Skrif is die enigste bron en maatstaf van geloof.
Sola gratia – Deur genade alleen, genade is die enigste grondslag van redding.
Sola fide – Deur geloof alleen, geloof is die enigste maatstaf van verlossing.
Solus Christus – Christus alleen, Hy is die enigste redder.
Soli Deo gloria – Aan God alleen die eer, alle eer vir ons heil kom alleen aan God toe.
Die agtergrond van die NT
Die Joodse politieke agtergrond
Die sinagoge met sy leier het op plaaslike vlak ’n belangrike rol gespeel en die Skrifgeleerdes en die Fariseërs, te same met die Sadduseërs en die familiehoofde was die belangrikste politiek leiers van die Jode.
Bo aan die Romeinse politieke leer was die Herodes-familie. Koning Herodes die Grote het vrede in die land gebring en die groot tempel vir die Jode gebou in 46 v.C.
Herodes het ook Romeinse stede gebou, soos Sesarea.
Hy sterf in 4 v.C. en sy koninkryk word verdeel onder 3 seuns. Argelaos (Judea, Samaria, Idumea); Antipas (Galilea en Perea); Filippus (Iturea en Trogonitis).
Die Joodse Hoëpriester is gesien as godsdienstige en burgerlike leier. Voorsitter van die Joodse Raad, 71 lede, bestuursraad en hof van die volk.
Die Joodse maatskaplike agtergrond
Minder klasse as in die Romeinse wêreld.
Heel bo: priesterhoofde en hulle families, die aristokratiese leiers en die ryk grondeienaars.
Daar was geen middelklas nie, maar handelaars en selfs vissermanne was beter af.
Lae klas: Meeste ander burgers, boere, dagarbeiders, en bevryde slawe.
Daar was meer Jode buite as binne Palestina. In hierdie gemeenskappe was die sinagoge die maatskaplike en godsdienstige sentrum.
Die Joodse godsdienstige agtergrond
Die Jode se godsdiens was uniek:
Hulle het die enigste ware God aanbid (monoteïsme teenoor politeïsme)
Hulle het die Verbondsgod aanbid wat ’n ewige verbond met hulle gesluit het
Hulle het die feeste van die Ou Testament gevier en God gereeld in die tempel of die sinagoge aanbid
Hulle het God se Woord (OT) op Skrif gehad en geglo dit is God se openbaring aan hulle
Grieks-Romeinse politieke agtergrond
Rome was die hoofstad vanwaar bykans die hele bekende wêreld regeer is.
Griekse idees het egter die wêreld begin oorspoel. Daarom praat ons van Grieks-Romeins. Griekse kultuur (Hellenisme) met Romeinse staatkunde.
Vrede is egter steeds met die swaard gehandhaaf.
Die keiser was die opperhoof en die lande onder sy beheer is in provinsies ingedeel.
Rome was die spilpunt van die staatsbestuur in die weste en Antiogië in die ooste.
Elke provinsie is gelei deur ’n goewerneur met amptenare wat ook belastings gehef het. Die invorderaars was gewoonlik plaaslike inwoners wat tollenaars genoem is. Hulle was gewoonlik korrup en baie ongewild by die inwoners.
Grieks-Romeinse maatskaplike agtergrond
Daar was verskillende klasse in die Romeinse samelewing.
Die keiser en sy familie is as die belangrikste gereken
Onder hom was drie hoër klasse: Die senaatsorde, die ruiterorde en die decurions (aristokrate).
Die laer klasse was ver onder hierdie drie klasse.
Twee belangrike maatskaplike instellings:
Die weldoener-kliënt-samelewing
Eer-skande-samelewing
4 Groot Joodse godsdiensgroepe
FARISEËRS: Leermeesters met ’n wettiese verlossingsleer. Hulle het aan die geskrewe Tora (wet) plus die mondelinge toevoegings geglo
SADDUSEËRS: Hulle het net aan die geskrewe Tora geglo. Hulle verwerp die bestaan van engele en het nie aan die lewe na die dood geglo nie
ESSENERS: Kloostersekte wat die Tora perfek wou navolg
SELOTE: Hulle het ook die Tora geglo, maar wou alle nie-Joodse invloede vermy. Daarom het hulle gepoog om die Romeinse oorheersing omver te werp. Hulle kom in 66 nC in opstand teen die Romeine
Grieks-Romeise godsdienstige agtergrond
Animisties: Die gode het natuurkragte verteenwoordig. Magdom gode.
Regverdigmaking
SONDAG 11, Vraag 29: Waarom word die Seun van God “Jesus”, wat Verlosser beteken, genoem ?
Antwoord: Omdat Hy ons van al ons sondes verlos en by niemand anders enige saligheid te soek of te vind is nie.
REGVERDIGMAKING IS
(1) ‘n eens-en-vir-altyd BETALING VIR ONS SONDES DEUR CHRISTUS,
wat lei tot die objektiewe verklaring van God, die Regter, oor
(2) ‘n goddelose sondaar wat
(3) aan die genade in Jesus Christus deel kry, naamlik,
(4) Jesus se aktiewe- en passiewe gehoorsaamheid,
(5) wat as die sondaar se eie toegereken word,
(6) deur middel van geloof alleen,
(7) tot God se eer alleen. (Aangepas uit De Wet, 2019:12)
Oorsig oor Jesus Christus se lewe
Jesus se geboorte en kinderjare
Matteus 1-2 en Lukas 1-2 vertel van Jesus se geboorte. Johannes 1 vertel van sy oorsprong. Ons weet min van sy kinderjare – Lukas 2:40-52 vertel van een gebeurtenis: Jesus op 12 jarige ouderdom in die tempel.
Die voorbereiding vir sy bediening
Al 4 die Evangelies vertel van die rol van Johannes die Doper voordat Jesus met sy bediening begin het. Johannes die Doper doop vir Jesus om die amptelike begin van sy bediening aan te dui (Mt 3:13-17). Jesus weerstaan ook die versoeking van die duiwel (Mt 4:1-11).
Die bediening in Galilea
Jesus begin dan met sy bediening in Galilea. Hy verkondig dat die koninkryk van God naby gekom het.
Sy laaste dae in Jerusalem
’n Groot deel van die sinoptiese Evangelies word gewy aan die laaste week van Jesus in Jerusalem.
Die Messias se lyding en sterwe
Jesus se hele lewe op aarde was lyding, maar dit bereik ’n dieptepunt met sy kruisiging en sterwe toe Hy vir al ons sonde betaal het.
Die Messias se opstanding
Die Evangelies bereik ’n hoogtepunt met Jesus se opstanding uit die dood en 40 dae later sy hemelvaart en die verkondiging van sy wederkoms.
Jesus as enigste Verlosser en regverdigmaking
Sondag 6 HK:
Vraag 15: Hoe ’n middelaar en verlosser moet ons dan soek ?
Antwoord: So een wat ’n ware en regverdige mens is, maar nogtans ook sterker as alle skepsels is, dit wil sê wat terselfdertyd ware God is.
Vraag 16: Waarom moet hy ’n ware en regverdige mens wees ?
Antwoord: Omdat die geregtigheid van God eis dat die menslike natuur wat gesondig het, vir die sonde moet betaal. Maar die mens, wat self sondaar is, kan nie vir ander betaal nie.
Vraag 17: Waarom moet hy terselfdertyd ware God wees ?
Antwoord: Om deur die krag van sy Godheid die las van die toorn van God aan sy mensheid te kan dra en vir ons die geregtigheid en die lewe te kan verwerf en teruggee.
Vraag 18: Wie is hierdie middelaar wat terselfdertyd ware God en ware regverdige mens is ?
Antwoord: Ons Here Jesus Christus, wat God vir ons tot wysheid, geregtigheid, heiligmaking en volkome verlossing gegee het.
Vraag 19: Waaruit weet jy dit ?
Antwoord: Uit die heilige evangelie, wat God self aanvanklik in die paradys bekend gemaak het. Daarna het Hy dit deur die heilige aartsvaders en die profete laat verkondig en deur die offers en ander seremonies van die wet laat uitbeeld. Eindelik het Hy dit deur sy eniggebore Seun vervul.
Hoekom 4 Evangelies?
Evangelie is die vertaling van die Griekse woord euangelion, wat goeie nuus beteken. Dit is die term wat die vroeë Christene te gebruik om die goeie nuus van ons verlossing deur Jesus Christus te gebruik.
Dit is opvallend dat daar vier Evangeliebeskrywings is: Matteus, Markus, Lukas en Johannes.
Matteus, Markus en Lukas staan bekend as die sinoptiese Evangelies en bevat hoofsaaklik dieselfde inhoud. Sinopties beteken om saam te sien.
Johannes se beskrywing volg ’n ander patroon as die eerste 3 en bevat ook unieke inhoud.
Anders as in die handboek praat ons nie van die ”storie” van Jesus Christus nie, maar van die geskiedenis of die ware verhaal van Jesus Christus.
Elke Evangelieskrywer is deur die Heilige Gees geïnspireer en beskryf die geskiedenis uit sy eie gesigspunt.
Die uitgangspunte van die 4 Evangelies
Matteus beklemtoon Jesus se rol as Joodse Messias wat die Ou Testament vervul.
Markus beklemtoon Jesus as die lydende dienaar wat met sy offerdood vir ons versoening gedoen het.
Lukas laat die klem val op Jesus as Verlosser vir gelowige mense, ook heidene.
Johannes laat die klem val op Jesus as die Seun van God wat gekom het om die Vader aan ons te openbaar en die ewige lewe te gee aan elkeen wat in Hom glo.
Die sinoptiese probleem
Die sinoptiese probleem is ’n frase wat gebruik word om te verduidelik hoekom Matteus, Markus en Lukas ooreenstem en tog ook verskil wat inhoud, bewoording en volgorde betref.
Markus is waarskynlik eerste geskryf en Matteus en Lukas het waarskynlik Markus se beskrywing as basis gebruik vir hulle Evangelies.
Op die ou end maak dit nie regtig saak nie, want al vier die Evangelies is God se Woord wat deur die Heilige Gees geskryf is.
God het die geskiedenis van Jesus se lewe op aarde so belangrik geag dat Hy vier verskillende skrywers gebruik het om die Verlossingsboodskap vir ons neer te skryf en dit by te voeg in sy Woord
MAG HIERDIE AGTERGRONDINLIGTING VIR JOU VERHELDEREND WEES OM DIE VIER EVANGELIES TE GLO EN TE VERSTAAN!