Please enable JavaScript.
Coggle requires JavaScript to display documents.
Ontwikkelingsperspektiewe, Alché Smit - 35063882 - Coggle Diagram
Ontwikkelingsperspektiewe
Biologiese perspektief
Steun
Eerstens bied dit nuwe bydraes vir die verklaring van gedrag (neurosielkunde). Tweedens is daar 'n duidelike verband tussen die oorerwing van biologiese faktore en gedragsvorme (ADHD en depressie).
Kritiek
Die biologiese perspektief fokus meestal op die evolusie van mens en vanuit 'n Christelike perspektief was die mens nes hy nou is op die aarde geplaas en is ons nie 'n produk van evolusie nie.
Die ontwikkeling of gedrag van die kind word hoofsaaklik deur biologiese faktore bepaal.
Psigodinamiese perspektief
Teoretici (2).
Sigmund Freud - Psigoanalitiese teorie
Steun
Freud het agtergekom dat vroeë ondervindinge 'n blywende effek het op kinders se ontwikkeling. Hy het ook agtergekom dat kinders konflik ervaar wanneer dit kom by 'n besluit tussen dit wat hulle wil doen en dit wat hulle weet hulle
moet
doen. Freud se navorsing het verdere noodsaaklike navorsing gestimuleer.
Kritiek
Eerstens was sy navorsing gebaseer op volwassenes wat die verlede herroep en nie op die direkte observasie van kinders nie. Herroeping is nie wetenskaplik betroubaar nie. Mens kan ook nie die onderbewuste empiries navors nie. Tweedens, was sy navorsing op 'n klein groep psigiatriese pasiënte voltooi - dit was dus nie verteenwoordigend van die algemene bevolking nie. Verder oorbeklemtoon Freud die rol van seksuele gevoelens in die ontwikkeling van die kind en hy plaas teveel lem op die eerste 6 lewensjare van die kind.
Erik Erikson - Psigososiale teorie
Steun
Huidige sielkundiges glo dat Erikson se teorie die persoonlikheidsontwikkeling van kinders tot 'n mate vas vang.
Kritiek
Erikson het nie kulturele faktore in ag geneem met sy navorsing nie. Dit is dus moontlik dat sy teorie verskillend kan wees vir elke kultuur. Daar is ook nie enige empiriese bewyse vir sy navorsing nie.
Die ontwikkeling of gedrag van 'n kind word bepaal deur die manier waarop hy/sy probleme en/of konflikte van die onderbewussyn op verskillende ouderdomme oplos.
Leerteoretiese perspektief
Ontwikkeling en gedrag word bepaal deur die kind se omgewing.
Teoretici (4).
Watson - Behaviourisme. Pavlov - Klassieke kondisionering. Skinner - Operante kondisionering. Bandura - Sosiaal kognitiewe teorie.
Steun
Eerstens plaas die perspektief klem op wetenskaplike navorsing wat betroubaar is. Tweedens is die navorsing meer bewus oor die rol wat omgewingsfaktore speel in die ontwikkeling en gedrag van die kind.
Kritiek
Daar word egter te veel klem op die omgewingsfaktore geplaas en die kulturele faktore word nie doeltreffend in ag geneem of erken nie. Daar word ook te min aandag aan ontwikkelingsveranderinge bestee.
Kontekstuele perspektief
Teoretici (2).
Vygotski - Sosio-kulturele teorie. Broffenbrenner - Ekologiese teorie.
Ontwikkeling word hoofsaaklik beïnvloed deur die wisselwerking van die kind se onmiddellike en verwyderde omgewings.
Afrika perspektief (saam kontekstuele)
Gedrag kan slegs verstaan word in terme van die groter geheel. Die ontwikkeling van die kind is gebaseer op die holistiese siening van die verhouding tussen mens en die kosmos.
Teoretici (1).
Nsamenang.
Kognitiewe ontwikkelinsperspektief.
Teoretici (1).
Piaget
Die kind se ontwikkeling weerspieël in die kind se pogings om die wêreld te verstaan.
Alché Smit - 35063882