Please enable JavaScript.
Coggle requires JavaScript to display documents.
ITEG 211 - Coggle Diagram
ITEG 211
LEEREENHEID 1
INLEIDING
In hierdie leereenheid gaan jy die kernbegrippe (soos vervlegte leer, aanlyn leer, mobiele leer en die omgekeerde klaskamer van onderrig-en-leertegnologie) van tegnologie in die klaskamer ondersoek. Ná die afhandeling van hierdie leereenheid sal jy dus in staat wees om 'n ingeligte begrip te demonstreer van tegnologie en sy gepaardgaande kernkonsepte in die klaskamer. In hierdie leereenheid sal jy hiertoe in staat gestel word deur die volgende te doen:
Voorts gaan jy in hierdie leereenheid ook onderrigmetodes ontdek wat in die klaskamer gebruik kan word om leerders te betrek wanneer hulle tegnologie gebruik. Bestudeer die artikels en webwerwe, en doen verder ook navorsing om uit te vind hoe verskillende digitale onderrig-en-leermetodes in die klaskamer gebruik kan word.
• die voltooiing van een geskrewe paragraaf waar jy moet kan toon dat jy oor 'n ingeligte begrip van tegnologie (in die klaskamer) se kernkonsepte beskik soos vervlegte leer, aanlyn leer, mobiele leer en die omgekeerde klaskamer;
• die skep van 'n breinkaart wat kenmerke van tegnologie in die klaskamer identifiseer en beskryf; en
• deelname aan 'n besprekingsforum waartydens jy 'n ingeligte begrip sal toon van een van tegnologie se kernkonsepte, wat byvoorbeeld vervlegte leer, aanlyn leer, mobiele leer of die omgekeerde klaskamer kan insluit.
Wat is opvoedkundige tegnologie?
Opvoedkundige tegnologie word beskryf as ‘n studieveld wat die proses van ontleding, ontwerp, ontwikkeling, implementering en evaluering van die onderrigomgewing en leermateriaal ondersoek om onderrig en leer te verbeter.
-
Aanlyn, gemengde en omgekeerde leer
Aanlyn, gemengde en omgekeerde leer is leer wat vergemaklik word deur die gebruik van tegnologie
-
-
Beide aanlyn of gemengde lesse is ontwerp om die werklike potensiaal van digitale tegnologie beter te benut en die leerervarings te verbeter deur middle van innoverende benaderings
-
-
E-LEER
E-leer is digitale, aanlyn interaksie tussen die leerder en die onderwyser
E-leer kan in die klas of op n afstand gebruik word
-
Die omgekeerde klaskamer is waar onderwysers digitale hulpbronne of take huis toe stuur vir leerders om te ondersoek. Dit word aan bespreek wanneer leerders na die klas terugkeer.
Die omgekeerde klaskamer is n modern weergame van wat taalonderwysers al jare gedoen het, waar die leerder die stelboek tuis gelees het, dan die betekenis en vrae bespreek het wanneer hy is terug by die skool.
-