Please enable JavaScript.
Coggle requires JavaScript to display documents.
Zombiefliek Hoofstuk 10 - Coggle Diagram
Zombiefliek Hoofstuk 10
Syfers is makliker as woorde vir Hoender
Hy verstaan nie die woord stikdonker en stokflou nie
Stik het niks te doen met donker nie
Stok het niks te doen met flou nie
Doodstil verstaan hy beter
Hy wonder of dit regtig stil is as jy dood is
Hy wonder of mens nie musiek hoor as jy dood is nie
Dalk hoor mens dooie mense wat dink
Dalk hoor met lewende mense wat dink
Die dokter sê Drikus het 'n 40% kans om gesond te word
Dit beteken hy het 60% kans om dood te gaan
Hoender dink nie die dokters se somme werk baie goed nie
Hoekom is dit altyd 40% en nie 39,426% nie?
Marinda was baie kwaad toe hulle by die huis kom
Sy het amper begin huil
Sy weet nie wat sy doen as iets met Drikus gebeur nie
Drikus was kwaad vir haar
Hy sê hy is nog nie dood nie
Hy sê hy wil nie die heeldag in die huis lê nie
Sy sê vir Hoender hulle moet nooit weer so-iets doen nie
Hoender is 01:33 die aand nog wakker
Hy werk uit of 133 'n gelukkige getal is
Dit is nie vir hom opwindend nie, want hy weet dit is 'n gelukkige getal
Nul is die moeilikste syfer
Hy het 'n opstel oor nul geskryf
Cindy het gesê sy hoop nie hy kry nul vir die opstel nie
Hy het goeie punte gekry
Doodgaan is dalk soos die getal nul
Altwee bestaan regtig en daarsonder sou niks sin maak nie