Please enable JavaScript.
Coggle requires JavaScript to display documents.
EBW KWT 2 - Coggle Diagram
EBW KWT 2
Produksiefaktore:
-
Kapitaal:
-
Kapitaal is die geld en waarde van die besitings (fisiese bates) wat die eienaar gebruik om ʼn besigheid te begin.
Finasiële kapitaal is die geld wat gebruik word om 'n inkomste te genereer of in 'n besigheid te belê.
Bedryfskapitaal betaalvir die bedryfsbates soos materiaalen die brandstof wat in die produksieproses gebruik word.
Geleende kapitaal: Geleende kapitaal is enige geld wat ʼn entrepreneur of sake-eienaar vir die doel van die vestiging en bedryf van ʼn besigheid leen. Geld word meestal by ʼn bank of belegger (dikwels ʼn familielid of vriend) geleen wat vertroue in die toekomstige winsgewendheid van die besigheid het. ʼn Besigheid verkry gewoonlik geleende kapitaal deur lenings by instellings soos banke en versekeringsmaatskappye.
Eie kapitaal: Eie kapitaal verwys na enige geld wat die entrepreneur of eienaar uit persoonlike spaargeld in die besigheid belê het. Groter besighede (openbare maatskappye) kry soms kapitaal deur ʼn gedeelte, of ʼn aandeel van die maatskappy aan die publiek te verkoop.
Arbeid:
-
Dit verwys na die intellektuele (verstandelike) en fisieke insette van mense wat vir die produksie van goedere en dienste aangewend word. Die menslike energie en intellektuele insette word gebruik om ekonomiese goedere te vervaardig.
-
Geskoolde: Is enige werker met ʼn spesiale vaardigheid, kennis of wat ʼn spesiale vermoë en/of vaardigheid in sy werk opgedoen het.
Halfgeskoolde: Verwys na werkers wat ʼn mate van opleiding en vaardigheid het of meer opleiding en vaardighede vereis as ongeskoolde arbeid, maar minder opleiding en vaardighede het of vereis as geskoolde werkers.
Ongeskoold: Verwys na werkers wat geen vaardigheidsopleiding of ervaring in ʼn bepaalde werksomgewing nodig het nie
Entrepreneurskap:
-
Entrepreneurskap is die spesiale menslike inspanning wat die risiko neem om arbeid, kapitaal en natuurlike hulpbronne saam te snoer om goedere en dienste te vervaardig.
ʼn Entrepreneur is ʼn persoon wat ʼn besigheid begin, wat ʼn finansiële risiko neem met die hoop om ʼn wins te maak. ʼn Suksesvolle entrepreneur maak seker dat die produk of diens die behoeftes en begeertes bevredig van die mense aan wie hy of sy wil verkoop.
-
Inset: Produksiefaktore word versamel Proses:Goedere en dienste word vervaardig Uitset: Voltooide goedereendienste.
-