Die aarde se omwenteling verwys na die wentelbaan of beweging daarvan om die son.🌞
🌓Een volledige omwenteling of siklus duur 365,26 dae.Die 🌏 aarde wentel in ’n elliptiese of ovaal vlak om die son 🌞, soos wat in figuur 16 gewys word.Die aarde se as is ’n denkbeeldige lyn wat van die Noordpool na die Suidpool strek.
Die aarde se as is nie teen ’n regte hoek (90 grade) teenoor die son geplaas nie, dit is eerder oorgekantel teen ’n hoek van 23,5 grade tot die vertikaal. Die gevolge van dié kanteling is die verskillende seisoene☁🌡🌸🌞 wat die mens ervaar. Ewening: Die tydperk waartydens dag en nag ewe lank is.
Sonstilstand: Die tydperk waarin dag en nag ongelyk (nie ewe lank is nie) is.In die twee posisies waarin die ewenaar direkte 🌞 sonlig ontvang, ervaar albei halfronde dae en 🌙nagte wat ewe lank is. In die posisie waarin die Steenbokskeerkring direkte 🌞 sonlig ontvang, ervaar die Suidelike Halfrond langer dae en korter nagte. In teenstelling hiermee ervaar die Noordelike Halfrond korter dae en langer🌙 nagte. In die posisie waarin die. Kreefskeerkring direkte sonlig 🌞 ontvang, ervaar die mense in die Noordelike Halfrond langer dae en korter nagte, terwyl die mense in die Suidelike Halfrond korter dae en langer nagte🌔ervaar. Hierdie seisoenale veranderings in die lengte van die dag en nag hou verband met die seisoensveranderings ☁🌡🌸🌞 (bv. somer en winter) in die Suidelike en Noordelike Halfrond onderskeidelik. Temperature verander seisoenaal vanweë die veranderings in die hoek van die son. As die son direk bogronds is, is die hoek 90 grade en temperature is warm 🌞🥵. Wanneer die son se hoek in teenstelling minder direk is – minder as 90 grade – word die temperature koeler 🥶.