Please enable JavaScript.
Coggle requires JavaScript to display documents.
Kenmerke van 'n literêre teks - Coggle Diagram
Kenmerke van 'n literêre teks
Die agtergrond
Hoe die karakters groot geword het, die goed wat gebeur het om hulle 'n sekere manier te maak.
Die ruimte waar die verhaal plaasvind
Die fisiese plek waar die verhaal plaasvind, b.v. Johannesburg.
Tyd - soos in jaar, eeu ens.
omstandighede waarin die verhaal afspeel
Karakterisering
Die is hoe die karakter lyk, die manier hoe hulle optree, die manier hoe ander karakters hulle beskryf, die tipe woorde en aksent wat die karakter gebruik.
Tema
Die is die boodskap wat die skrywer wil hê die leser moet hoor as hulle die storie lees.
Karakters
Hoofkarakter: Die sentrale karakter om wie die gebeure draai.
Newekarakters: Die ander persone wat 'n rol in die verhaal speel.
Verteller
Eerstepersoonverteller - 'n Verteller wat 'n persoonlike verhaal vertel asof hulle dit beleef.
Derdepersoonsverteller - weer wat binne-in al die karakters aangaan en wat op alle plekke in die verlede, hede en toekoms gebeur.
Fokalisator - Die karakter uit wie se oogpunt 'n verhaal vertel word.
Intrige
Die verhaalplan waarin die gebeure georganiseer is.
Inleiding - Leer die karakters ken, leer die agtergrond van die verhaal
Die stygende aksie, klimaks en vallende aksie is die middel van die intrige. Dit beteken die meeste van die goed gebeur hier.
Hoogtepunt (klimaks) is waar die meeste aksie gebeur
Die stygende aksie lei die leser tot by die hoogtepunt van die verhaal
Die vallende aksie lei die leser tot by die aflsuiting, na die klimaks.
Afsluiting: Die einde van die verhaal waar alles tot 'n resolusie kom.