Please enable JavaScript.
Coggle requires JavaScript to display documents.
Die kind Hoofstuk 1 - Coggle Diagram
Die kind Hoofstuk 1
Amazolo en Mlenzana sou getrou het
Amazolo laat groei haar hare vir die hooftooisel wat getroude vroue dra
Sy smeer haar hare met rooi klei
Sy dra die geplooide swart romp van beesvel:
die isidwaba
Sy dra meer krale om haar nek as die ander jong meisies.
Sy dra nog die wit krale en wit doek om haar skouer wat wys dat sy 'n maagd is.
Amazolo se baba word gebore -
dit is 'n seun
Amazolo wil nie vir die kind melk gee nie.
Sy wil nie na die kind kyk nie
Sy wil nie vir die kind 'n naam gee nie
Sy sê sy het nie 'n kind nie
Zuziwe (die sangoma) is anders
as ander vroue
Sy dra 'n ibheshu (lendekleed) soos 'n man
Zuziwe weet Mlenzana sal nie terugkom nie
Sy sê die voorvaders gaan vir Amazolo straf
Sy gaan 'n baie moeilike lewe hê
Amazolo verwag Mlenzana se kind
Sy wil nie kind hê nie.
Sy eet tarentaal sodat die kind kan doodgaan
Sy eet haas
Sy staan terwyl sy eet
Sy dra nie die takkie van die umkhondo om die kind te beskerm nie
Sy eet vleis van 'n bokooi wat met lamtyd gevrek het
Sy is kwaad vir Mlenzana, want hy het in Johannesburg in die myn gaan werk.
Die mense praat nie met haar nie.
Zuziwe gaan gee die kind vir Thandi
Thandi en Mvula Mutwa het 'n baba
en sy kan vir die kind melk gee
Likwezi werk vir Thandi - sy kyk na die babas
Likwezi mag nie vir hom beesmelk gee nie -
hy is nie deel van die familie nie
Mlenzana het vir Amazolo 'n iqhugwane gebou
Amazolo wou nie in 'n malondolo bly nie -
dit is 'n hut met mure van klei.
Iqhugwane: tradisionele Zoeloehut
Zuziwe kom maak Amazolo se
hut skoon na die geboorte
Sy moet die onreinheid van kindkry wegwas
Sy moet eintlik 15 dae wegbly van mense,
maar Amazolo wil nie.
Thandi bring die kind terug na een jaar
Sy het die kind gespeen
Amazolo wil nie kind hê nie. Sy vat nie aan hom nie
Amazolo speel vir die kind op die umakwyane boog
Sy verlang na Mlenzana
Hy het vir haar die umakweyane boog gemaak
Amazolo werk vir 'n paar
huisvrouens op Tugela Ferry
Ander dae maak sy potte
en verkoop dit
Amazolo versorg die kind,
maar vat nie aan hom nie
Sy maak hom nie op haar rug vas as sy werk nie.