Ondersteuning tydens die vooroor-rol
1.Die onderwyser kan eers aan die leerders die beweging demonstreer op ’n sagte oppervlakte.
2.Daarna kan die onderwyser aan die leerders die vooroor-rol, stap vir stap verduidelik en die leerders kan luister.
3.Die onderwysers kan nou aan die leerders vra wie ’n vooroor-rol kan doen, sodat daat nog ’n demonstrasie kan wees vir die ander leerders.
4.Die onderwyser kan die leerder fisies ondersteun deur die beweging stap vir stap saam met die leerder te doen.
Help die leerder om hul kop op hul bors te plaas en om met hulle hande op die grond te staan met hulle knieë gebruig.
Rol die leerder se lyf om deur aan sy/haar benete vat en ’n hupstoot te gee.
Wanneer die leerder die beweging gedoen het, staan voor die leerder en trek die leerder op aan sy/haar hande sodat die leerder van die vloer af op kan kom, in ‘n staande posissie.
5.Verskaf die leerders van ’n oefen mat, of doen dit op ’n sagte oppervlakte soos gras of ’n handdoek.
6.Motiveer die leerders om aan te hou probeer as hulle sukkel.
7.Doen tussen in die les, nog demonstrasies sodat die leerder die beweging deurlopend kan sien.