Hoofstuk 22

Majoor Schultz het Barries dopgehou

Hy is 'n vriend van Paul

Hy deursoek Barries vir dwelms

Barries erken dat hy dagga wou koop

As Barries dagga gekoop het, sou hulle hom moes toesluit.

Kapt. Mfeka het gesê Barries se uriene moet in Johannesburg getoets word

Dagga kan nog vir 20 dae in jou uriene wees.

Sersant Schreuder wag vir Barries in Johannesburg

Sy sê dat Vera se selfoon en haar handsak gesteel is.

Sers. Schreuder vat vir Barries hospitaal toe

Barries se ma lyk soos 'n uitgeteerde, maer kind

Haar gesig trek skeef en sy probeer vir hom iets sê

Dit maak hom seer om haar so te sien

Die suster verduidelik dat sy ma spasties is

Sy kan nie praat nie, maar kan hoor en verstaan

Barries vra sy ma om hom te vergewe

Hy besef al vergewe sy hom, sal sy nooit weer regkom nie.

Hy sê hulle moes hom lankal vertel het oor sy regte pa

Vera begin ruk en probeer iets sê, maar kan nie

Nico laai hom by die woonstel af

Sy sê die verkeersman se vrou werk by dieselfde hospitaal

Sy is suster Kapoor en werk nagskof

Nelson praat met sy ma se stem - alles waaraan Barries hom nooit gesteur het nie.

Barries soek om 'n kwitansie van sy ma se selfoon of reeksnommer te kry. Hy kry niks.

Hy vat die mercedes se sleutels

In die garage sien hy die bloedvlek op die grond

Barries gaan na Lizette se huis toe

Lizette se ma wil hom nie inlaat nie

Lizette en Theo kom daar aan met sy kar

Hulle is nou in 'n verhouding

Theo wil weet wanneer gaan Barries terug na sy pa toe

Barries antwoord dat die ooreenkoms af is,
want sy ma het hom nou nodig

Eunicé bel

Paul het Barries se nommer vir haar gegee

Jona hoor Barries se stem en swaai sy stert

Barries sê Jona was een van die beste
ervarings wat hy ooit gehad het

Sy noem hom nou ook Jona

Eunice dink Barries was baie goed vir Jona

Jona is baie rustiger en het meer selfvertroue

Sy voel nou veiliger by hom

Sy dink Barries moet baie spesiaal wees

Haar pa wil hulle help met sy ma se versorging

Barries erken dat hy sy lewe te danke het aan Jona

Olga sit voor sy woonstel op die vloer

Sy het Johannseburg toe geryloop (hike)

Sy vra vir 'n bad en 'n bed