Please enable JavaScript.
Coggle requires JavaScript to display documents.
SPED - Leereenheid 10 Pornografie - Coggle Diagram
SPED - Leereenheid 10
Pornografie
Pornografie definisie
Die eksplisiete voorstelling van seksuele tonele en seksuele gedrag van mense in allerhande media platforms wat bedoel is om seksuele stimulasie en erotiese opgewondenheid te bewerkstellig.
Afgelei van Grieks (porno = straatvrou & graphein = om te skryf)
Invloed op die kind
Kind sien permanensie van foto raak en word te vroeg blootgestel aan seks.
Kind verval in seksueel riskante patrone.
Gebruik baie energie om herinneringe te onderdruk.
Sekere simptome bly - depressie, angs aanvalle en blameer hulself.
Kind ondervind enorme stres.
Voel hulle is nie in beheer nie, voel kragteloos, verloor vertroue in medemens.
Invloed op gesin
Ouers ontken kind se betrokkenheid, sterk gevoelens van woede en verraad.
Ouers probeer dit rasionaliseer, verwerp feite en weerhou inligting van lewensmaat.
Ouers beskuldig kind, oortreder, ander ouers of hulself.
Invloed op gemeenskap
Pornografie skep indruk dat verkragting reg is en dat vroue dit geniet.
Pornografie mislei mense om te dink dat seksuele geweld as die norm aanskou word.
Pornografie probeer aantoon dat kinders daarvan hou om met volwassenes seks te hê.
Howe tree nie streng op teen oortreders nie, dus word boodskap uitgestuur dat dit reg is vir mans om met kinders te lol.