Please enable JavaScript.
Coggle requires JavaScript to display documents.
Staan op (Titel (Die titel skep dus die verwagting dat die gedig n soort…
Staan op
Titel
Die titel skep dus die verwagting dat die gedig n soort wapenkreet is om iemand aan te moedig, te inspireer, of bewus te maak oor verskeie dinge.
Die herhaling van "staan op" word gebruik vir dramatiese effek. En bind die gedig. Dra by tot die opbou van spanning.
-
Letterlike betekenis:
Kom regop of staan regop. Wees regop op jou voete. Staan fisies op, uit n sittende posisie
Uitroepteken word gebruik om vir die leser aan te dui dat die betrokke spreker se woorde n bevel, oproep, wens, of sterk gevoel uitdruk Dit is n instruksie
Figuurlike betekenis:
Staan op teen die negatiewe dinge in jou lewe of leefwereld. kry jouself uit n negatiewe situasie. As jy struikel en val, staan weer op: moenie bly le na n terugslag nie; moenie tou opgooi as jy misluk of sleg vaar nie
Spreker, Toon en sstemming
-
-
-
Inhoud van gedig
Strofe 1: reels 8-15
Hopeloosheid:
"donker" word figuurlik gebruik en beteken "droewig, somber, treurig, ongelukkig, aaklig" n toekoms sonder hoop suggereer n gevoel van onsekere wanhoop oor die toekoms. Droewige/somber uikyk op die lewe, dink waarskynlik altyd aan die ergste en het moontlik ook negatiewe selfgesprekke met hom-haarself.
Verwarring : Vrae en antwoorde:
"Staan op! as jy partykeer nie oplossings het vir jou probleme nie". Gewoonlik te doen met die belangrikste of moeilikste vrae in n mens se persoonlike lewe.
Depressie en desperaatheid:
"iets aan jouself te doen" - Eufenisme
"gedink het" - negatiewe gedagtes. Beheptheid met morbiede temas suggereer depressie
Verberging:
"pyn moes wegsteeek" Dit suggereer dat hy/sy geen ander keuse gehad het as om sy/haar pyn te verberg nie. n Individu wat voel datr hy/sy enige pyn vir ander mense moet wegsteek, doen dit uit n behoefte om nie kwesbaar of weerloos te wees nie. Redes om pyn weg testeek:
1) Vertrou ander nie
2) Glo dat ander nie genoeg sal omgee om te luister nie
3) Skaam of verlee
Onaanvaarbaarheid en magteloosheid:
Almal het n behoefte om aanvaar te word - party meer as ander.
As hy/sy nie inpas by sy/haar vriendekring of portuurgroep nie sal hy/sy dikwels probeer om hom-/haarself te verander.
Strofe 2: reel 16
Vorm die klimaks van die gedig. Dit word uitgelig deur middel van alleenplasing. Dit is n retoriese vraag. Die verwagting is dat niemand meer sal sit nie
Strofe 1: reels 1-7
Alleenheid en eensaamheid:
Alleenheid is sentraal: elkeen van die dinge wat in die res van die gedig genoem word, is dinge wat daartoe kan lei dat n individu alleen voel.
Eerlikheid en vernedering:
"spot" beteken "iemand belaglik maak; iemand sonder eerbied behandel."
Dit verg baie moed om eerlik te wees oor hoe jy werklik voel, veral as ander nie dieselfde voel nie.
-
Minderwaardigheid en onsekerheid:
n Individu wat dink dat nie een enkele mens gaan hou van sy/haar ware self nie, het n vrees vir onaanvaarbaar en verwerp wees. Die vrees is normaal en universeel. Kan tot n gebrek aan selfvertroue of self n minderwaardigheidskompleks dui.
Staan op! :
Identieseherhaling van die titel.
Beken as anafora.
Instruksie vir individue om fisies op te staan
Verwerping en selfbewustheid:
Gebaseer op hoe hulle lyk. Die woord "verwerp" beteken "wegstoot, afkeur, nie goedkeur of aanvaar nie."
Die woord "te" word gebruik om n oormaat aan te dui.
Dit beteken "meer as wat goed/mooi/gesond/aanvaarbaar/ens is. Impliseer oormatig.
"gevoel het" - negatiewe gevoelens oor sy/haar voorkoms en wat hy/sy voel verkeerd is met hoe hy/sy lyk. Uinverseel - swak selfbeeld of n swak liggaamsbeeld.
Ellips "..."
Dui aan dat een of meer woorde opsetlik weggelaat is. Die leser kan enige ander eienskap invul
-
Tema
Gedeelde ervarings, gevoelens en gedagtes. Jy staan nie alleen nie. Jy is nie al een wat so veol/dink nie. Daar is altyd iemand anders wat deur dieselfde pynlike dinge gaan
-