Please enable JavaScript.
Coggle requires JavaScript to display documents.
Touloper (Titel (Iemand wat die kuns bemeester her om op n styfgespande…
Touloper
Titel
Iemand wat die kuns bemeester her om op n styfgespande tou hoog in die lug te balanseer en daarop te loop
-
Die titel kan in twee deke opgedeel word, "tou" en "loper"
-
Die tiener bevind hom-/haarself in n konflik situasie tuis en moet meganismes ontwikkel om die konflik te hanteer en te trotseer. Hierdie hanteringsmeganismes word metafories vergelyk met die vaardighede waaroor n touloper beskik om op n styfgespande tou hoog in die lug te loop.
Inhoud van gedig
Reels 8-14
-
Ver onder op die grond:
Groot afstand tussen die "gekwelde oe... doer onder" en die tiener op die tou. n Gevoel van veiligheid.
Balanseertruuk in die kollig:
"kollig-balanseertruuk" skep n treffende metafoor. Die tiener se balanseertoertjie is sigbaar asof hy/sy n ervare touloper is wat voor n gehoor optree. "kollig" impliseer dat ander mense kan sien hoe die tiener sy/haar lewe probeer balanseer te midde van die storms in sy/haar ouerhuis.
Regdeur die huis:
Dit is n persoonlike ruimte met familiefoto's, televisiebeelde en internetkonneksies. Dit beklemtoon die gesin se gesinslewe. Gevoel van samehorigheid. Dit is ironies dat die tiener wil vlug vanuit hierdie intieme ruimte omdat hy/sy veilig behoort te voel.
Polisindeton van die voegwoord "en"
Die herhaling van "en" skep n ritmiese vloei. verbind die reels, sowel as die huislike elemente, met mekaar.
-
Reels15-21
"voet vir voet" , "skuifel" en "skuif":
Dit beteken dat die tiener nie meer versigtig is op die tou hoog bo die grond nie. Sy/haar voete is vaster en hy/sy beweeg met meer sekerheid. Daar is progressie in die verband. Vasberadenheid en deursettingsvermoe impliseer dat die tiener die storm(s) gaan trotseer (oorleef)
Hoog bo in die lug:
"hoog bo die grond" en "weg van alles" korreleer met "doer onder" en "ver verwyder". Die antitese (knotras) beklemtoon die afstand tussen die aanskouer(s) "doer onder" en die tiener "hoog bo" Die tiener distansieer hom-/haarself van die storms en voel veilig op die tou.
Reels 1-7
Dapper maar versigtig:
Die inversie in reel 2 "vol durf klim ek" plaas klem op "vol durf". Die fokus is dus op hoe braaf die tiener is.
"voetjie vir voetjie" en "skuifel" dui aan hoe versigtig die tiener vorentoe beweeg op die tou.
-
Die storms woed:
Openingsreel -stel die leser bekend aan die ek-spreker se onstuimige huislike omstandighede. n Huis vol konflik.
Storms - hoekom is die figuurlik:
1) storms woed nie normaalweg binne n huis nie, maar eerder buite n huis. Konflik word metafories vergelyk met storms.
2) "verwyt-winde" plaas die gedig binne die konteks van konflik tussen n tiener en een of albei sy/haar ouers. Die verwyte word metafories vergelyk met die stormwinde tydens die storm.
"woed" - suggereer sterk emosies.
"weer" - impliseer dat die storms voorheen gebeur het of dikwels gebeur
Spreker, Toon en stemming
-
Die stemming kan beskryf word as onstuimig, konfronterend, onrustig en gespanne.
Die toon is aanvanklik onseker en angstig, maar ook rebels. Mettertyd raak die toon een van vasberadenheid, selfvertroue en hoop
-
-
Tema
Tieners ontwikkel vaardighede om konflik met hul ouers te hanteer, trotseer of oorkom.
-