Please enable JavaScript.
Coggle requires JavaScript to display documents.
Sterrekyker (Titel (Die titel kan in twee dele opgedeel word "…
Sterrekyker
Titel
Die titel kan in twee dele opgedeel word "sterre" en "kyker" : sterre dui op "skitterende hemelliggame" en "kyker" dui op "iemand wat kyk"
Die titel van die gedig skep die verwagting dat die gedig handel oor iemand wat letterlik na die sterre kyk.
Die ek-spreker is n tienermeisie. Sy verbeel haar dat sy n baie lang brief - waarin sy haar gedagtes/gevoelens/drome/begeertes uitdruk- die lugruim instuur
Die titel van die gedig wil iets se van die kyker se verwondering, soeke en verbeelding
n Sterrekyker is iemand wat die posisies en bewegings van die sterre bestudeer en voorspel watter invloed dit op mense en gebeure mag he
Neutedop opsomming
Reels 3-6
Fokus op die ek-spreker se aksies en beskrywing van wat sy doen met haar baie lang brief, nadat sy dit klaar geskryf het.
n Koker is n silindervormige en hol houer waarin pyle gewoonlik geplaas, gedra en bewaar word om dit te beskerm. In die gedig word die beeld en fuksie van die koker omgedraai: die pyl word uit die koker verwyder en die koker word aan die pyl vasgebing.
Die ek-spreker rol die brief - dit suggereer dat sy dit met groot sorg harteer.
Die feit dat sy die brief in n beskermende koker plaas impliseer dat die inhoud van die brief belangrik is.
Die wilgerboom is n betowerende boom wat heilig is aan die Maangodin
n Boog is n buigsame skietwapen wat aerodinamiese projektiele skiet. Die feit dat die ek-spreker die pyl spesifiek met n wilherboog skiet kan twee betekenisse he:
1) Sy hoop dat n boog wat gemaak is van wilgerhoud verder en hoer sal skiet as enige ander tipe boog
2) Die hout van n wilgerboom is besonder buigsaam: sy sou dus die boogsnaar verder terug kon trek en meer kinetiese energie opbou om die pyl verder te skiet.
"hoog in die lug inseil' suggereer dat die lansering van die brief suksesvol is.
Reels 7-10
Fokus op die ek-spreker se waarneming en beskrywing van wat met haar baie lang brief gebeur, nadat sy die pyl ghoog in die lug ingeskiet het.
Trek deur die sterre - Beklemtoon hoe ver en hoog die ek-spreker die pyl die lug ingeskiet het.
Alliterasie en assonansie dra by tot die ritme van die reels en versterk ook die beeld van die pyl.
Draai om die maan - twee betekenisse:
1) Dit suggereer dat die pyl bestuur word of dat die pyl n wil van sy eie het. Dit ontlik die beeld van n vuurpyl wat n ruimtetuig na die maan toe geskiet het of van n ruimtetuig wat om die maan wentel.
2) Dit suggereer dat die ek-spreker se brief dalk by die maan uitgekom het en dat die man op die maan haar brief dus ontvang het.
Die diuisend briewe wat gesaai is word metafories vergelyk met die plant van saad. Saai suggereer dat die briewe gedagtes, gevoelens, drome en begeertes daarin geplant word.
Duisend briewe - hiperbool - Oordrywing
Die briewe kan gesien word as n metafoor van sterre wat deur die kug gesaai is.
Reels 1-2
Ek-spreker
Die fokus is op haar: haar aksies, idees, gedagtes, gevoelens, drome en begeertes.
Sy is n sterrekyker
Die ek-spreker skryd n baie lang brief aan die mitologiese "man op die maan". Die feit dat sy n brief skryf aan hom dui aan dat su nie aan n regte persson skryf nie.
Die aandagstreep (reel1) beklemtoon die reel wat daarop volg. d.w.s die lengte van die lang brief wat sy skryf
"vol" impliseer dus dat sy skryf totdat elke bladsy gevul is met skrif. Dit suggereer ook dat daar niks in haar brief ontbreek is nie. Sy het baie om te se of deel en skryf alles op papier neer.
Die ek-spreker skryf een lang brief - nie baie briewe nie.
Die ek-spreker skryf die brief op papier, sy tik dit nie. Die impliseer dat sy letters/woorde/sinne op papier vorm met n potlood of pen. Dit verg fisiese inspanning. Die skryfhandeling suggereer n kreatiewe en persoonlike proses.
Reels 11-15
Fokus op die ek-spreker se gedagtes en onsekerheid, nadat die brief verby die maan gereis het
Die herhaling van die woord "wonder" impliseer dat die ek-sprker nie net onseker is nie, maar ook met verwondering in die donker lug opkyk na die wonderwerk van die maan en die sterre en die heelal.
Dit kom so voor asof sy nie sou omgee as iemand anders die briewe sou lees nie, solank daar iemand is wat dit wel lees.
Spreker, toon en stemming
-
Die stemming is aanvanklik hoopvol. Die ek-spreker skryf n brief aan die man op die maan en stuur dit hoog in die lug in, en hoop dat hy haar brief ontvang en sal lees.
Tema
Die soeke na erkenning en die verlange na iemand wat genoeg sal omgee vir jou gedagtes, gevoelens, idees, wnse, drome en begeertes
-