Please enable JavaScript.
Coggle requires JavaScript to display documents.
DIE UITWERKING/EFFEK VAN TOERISME (OMGEWING (Permanente herstrukturering…
DIE UITWERKING/EFFEK VAN TOERISME
INLEIDING
Toerisme is reis met n doel van ontspanning, rekreasie of besigheid
SLOT
Toerisme het n beduidende effek op die land se ekonomie, asook op die land as n geheel.
WERKSKEPPING
Toerisme skep werk vir 7% van Suid-Afrika se werksmag.
Toerisme is die grootste skepper van werk in SA omdat dit arbeidintensief is, dit verskaf werk vir verskillende vlakke van arbeid, verskaf onmiddelik werk en skep entrepreneursgeleenthede.
BRUTO BINNELANDE PRODUK
Toerisme is n diens gebasseerde industrie en lewer n direkte en indirekte bydrae tot die BBP.
INDIREKTE BYDRAE
Toerisme is verantwoordelik vir 65% van die BBP in ontwikkelde ekonomieë en 40% in ontwikkelende ekonomieë
DIREKTE BYDRAE
Toerisme dra 7.9% by tot die BBP van SA tot 12% wêreldwyd.
ARMOEDE
Toerisme verlig armoede in die landelike gebiede op die volgende wyses:
Dit is n vinnige en effektiewe manier om hulpbronne te versprei na landelike gebiede om die gebied te ontwikkel as n toerisme destinasie.
Baie van die toerisme aantreklikhede is in die landelike gebiede, toerisme ontwikkeliings lei dus tot werkskepping.
Toerisme voorsien n volhoubare vorm van ontwikkeling.
Mense kan n lewe bekostig in hul eie gemeenskappe, wat verstedeliking verminder en lei tot n gebalanseerde bevolkingsverspreiding.
EKSTERNALITIETE
Dit is onverwagte kostes en voordele.
POSITIEWE EKSTERNALITEITE
Toerisme lok groot bedrae inkomstes.
Korttermyn inkomste voordele.
Wêreld toerisme sal groei aangesien die wêreld bevolking groei, wat lei tot groter inkomstes vir meer lande.
Toerisme help om kulturele en natuurlike bates te beskrem en so armoede te verlig
NEGATIEWE EKSTERNALITEITE
Dit kan die omgewing beskadig
Baie afval kan sensitiewe toerisme aantreklikhede beskadig.
Groot druk op infrastruktuur a.g.v toerisme getalle.
OMGEWING
Permanente herstrukturering van die omgewing a.g.v die bou van paaie ens.
Ekstra afval produkte bv. biologiese en nie-biologiese afval.
Direkte omgewing stres bv. die uitsterk van wilde diere.
Effek op bevolkingsdinamiek bv. migrasie en die verandering in bevolkingsdigdheid.
INFRASTRUKTUUR
Toerisme benodig die regte fisiese infrastruktuur (hotelkamers); ekonomiese infrastruktuur (ATM's) en basiese dienste infrastruktuur (water en elektrisiteit)
Vervoerinfrastruktuur: verbeterde paaie is nodig om by toerisme bestemmings uit te kom.
Kommunikasie infrastruktuur: hotelle het bv. telefone nodig om besprekings te maak.
Energie infrastruktuur: toeriste het elektrisiteit nodig.